NUWE ALBUM NOU BESKIKBAAR

Mik Vir Die Maan

Koop Album

Haar Liefde Vir Musiek

Sy het reeds van 4 – 5 jarige ouderdom n groot liefde vir musiek getoon, en in die motor en huis oral saam gesing. In graad 1 het sy met Blokfluit begin en graad 2 met Klavier. Sy neem elke jaar van graad 1 aan al drie Eisteddfods deel en is al vir die afgelope 4 jaar die algehele Kultuurwenner van haar skool.  Sy speel tans Kitaar, Ukelele, Sopraan en Alt Blokfluit, Orrel en Klavier. Sy het n baie groot liefde vir sang, en het in 2018 die Daizy Zing Kompetisie van die Madeliefie Makietie Fees gewen. Sy het toe geleentheid gehad om op die hoofverhoog te kon sing.

Image module
Image module

N Regte Uitblinker

N Groot hoogtepunt verlede jaar was toe sy as n Uitblinker by die skool gekies is, deur die Uitblinkers Span wat op Kyknet uitgesaai was. Van daar ontvang sy sanglesse in die Kaap en geniet sy elke oomblik daarvan. Sy was baie bevoorreg om saam met Nadine in haar Kerskonsert in Vredenburg te kon sing en ook by Kleuterzone se finaal waar sy vir Desiré Gardner ontmoet het. N Bekende skrywer het 2 liedjies vir haar geskryf waaroor sy baie opgewonde is, hulle name is Mik vir die Maan en Alarm.

Daar is besluit om n album op te neem, met die naam Mik vir die Maan. Dit bestaan uit 10 liedjies in totaal. Ek is baie opgewonde om my album en veral my oorspronklike liedjies met almal te deel. Dit is n ongelooflike voorreg om my liefde vir musiek met almal te kan deel.

Mik Vir Die Maan

Luister na een van die splinternuwe liedjies van San-Mari Turner van die Mik Vir Die Maan-album op Soundcloud

Koop Die Album

San-Mari se eerste album is beskikbaar vir voorafbestelling. Vul die onderstaande vorm in en ons kontak u vir voorafbestelling.

Bespreek my vir ‘n geleentheid

Vertel ons asseblief van die geleentheid, die datum en enige ander relevante inligting